Nuwe Boer soek nog 'n Vrou
2011-05-05 15:07
Kaapstad - Die nuwe reeks van Boer Soek 'n Vrou begin Donderdagaand (vanaand) op kykNET met tien vars, nuwe boere om uit te kies.
Volgens Angelique Gerber, Boer Soek ‘n Vrou se splinternuwe aanbieder, is vanjaar se boere omtrent iets vir die oog en is hulle gereed om die vrou van hul drome te ontmoet.
As aanbieder van die program moes Angelique oor die hele land reis om al die nuwe boere te ontmoet.
As een van die boere dalk jou oog vang, kan jy dadelik inskryf vir die kans om hulle te ontmoet. Inskrywings vir briewe aan die nuwe boere sluit 25 Mei om middernag.
Hier volg die uitsaaitye vir Boer Soek ‘n Vrou:
Ontmoet die boere: Donderdagaand (vanaand) om 17:30
Heruitsending 1: Vrydag, 6 Mei om 14:00
Heruitsending 2: Saterdag, 7 Mei om 04:00
Heruitsending 3: Sondag, 8 Mei om 02:00
- Vir meer inligting besoek Huisgenoot.
- Volg Nuus24 op Twitter.