Nuwe Bella-trourok deur Herrera ontwerp
2011-06-22 22:41
Kaapstad – Daar is baie gespekuleer oor wie Bella se
trourok gaan ontwerp, en toe gaan die pos aan Carolina Herrera, berig Sarie.
Menige Twilight-aanhanger kan nie meer wag dat
die Breaking Dawn-fliek begin draai nie.
Die finale boek in Stephenie Meyer se
Twilight-saga word in twee films uitgebeeld, waarvan Breaking Dawn die eerste
is.
Hollywood se skinderblaaie gons oor alles wat
in dié fliek gebeur, en die wêreld wag om meer van hul gunsteling-vampiere te
sien.
Carolina Herrera het gesê sy is mal daaroor om trouerokke te ontwerp,
maar dié een was veral spesiaal.
"Kristen Stewart [Bella] is pragtig en
die rok sal pas by haar karakter."
Breaking Dawn begin op 18 November 2011 in
teaters draai.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sarie