Nuwe Afrikaanse reeks begin op M-Net

2010-03-24 19:25
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Fees van die ongenooides is die storie van gewone mense wie se lewens deur oorlog geraak word.

Wanneer groot opstande, revolusies en oorloë dreig en mense se lewens aangetas word, word hulle sosiale wese in flarde geskeur, hulle toekoms word onseker en hulle lewens kry ’n oop einde.

Die desperate dilemma waarin hulle hulle bevind, laat hulle dinge doen wat ondenkbaar sou wees in tye van sekuriteit en voorspelbare vrede. Die verwarring en onsekerheid wat oorlog meebring, veroorsaak ook dat vreemde karaktertrekke en –gebreke, maar daarteenoor ook dapperheid, hul kop uitsteek – dinge wat mense nooit van hulself sou kon raai nie.

Die agtergrond van dié storie is ’n oorlog met meer as een naam: die Suid-Afrikaanse Oorlog, die Boereoorlog, die Anglo-Boereoorlog, die Engelse Oorlog, die Tweede Vryheidsoorlog – die naam van die oorlog hang af van die perspektief van die verteller.

Die oorlog is geveg tussen 1899 en 1902 tussen die Britse Ryk en die twee Boere-republieke in Suid-Afrika.

Die presiese rede waarom die oorlog uitgebreek het, is onduidelik, maar vir dié wat daaronder moes ly, was die rede onbelangrik.

Vir kaptein Brooks, Harry die Walliese myner, en die ryk Van Wyk-familie (onder wie Daantjie en sy vrou Magrieta) was die oorlog die finale toets van wie en wat hulle werklik is.

Nooit sou hulle kon geraai het dat vrees, jaloesie en haat in hulle skuil nie; nooit sou hulle kon gedroom het dat moord en verkragting deel van hulle lewe sou raak nie. Maar, die oorlog ...

Net die klein dromertjie, Fienatjie Minter, kon van vroeg af al verstaan wat met haar, haar familie en mense om haar gaan gebeur ... want dit was nét sy wat die dooie kindertjies kon hoor sing ...

Episode 1


Ons ontmoet die Van Wyks en die Minters van die plaas Goedgedacht.

Die Anglo-Boereoorlog breek uit en die mans vertrek.

Die slag van Magersfontein, 11 Desember 1899, en dié van Driefontein, 1900.

Daantjie wys sy kleure en Petrus se droom word bewaarheid.

Episode 2

Die raaisel van Daantjie Van Wyk se verdwyning verdiep. Die mans vertrek weer na die front. ’n Onverwagte besoeker oorval Magrieta een nag in haar bed.

Die plase word afgebrand en Martie vlug met haar kind. Die eerste ontmoeting tussen kaptein Brooks en die beeldskone Magrieta vind plaas.

Episode 3
In ’n poging om die familieplaas Goedgedacht te red, nooi die Van Wyk-vroue kaptein Phillip Brooks na ’n feesmaal op die plaas.
Hul grootste vrees word bewaarheid en die plaas word, soos baie ander, afgebrand.

Daantjie “staan op uit die dood”.

Martie se kind Driena sterf soos duisende ander.

Episode 4
Wynand van Wyk verneem van sy kind Driena se dood en maak sy opwagting by die graf. Martie besef hy het oorgeloop  na die Britte en verwilder hom. 31 Mei 1902 en vrede word verklaar.

Daantjie beplan sy terugkeer.

Magrieta en Philip groet.

Episode 5

Die Van Wyks en Sannie Minter keer terug na hul verwoeste plaas, Goedgedacht.

Die swakkeling Jakob Minter en Greeff veroorsaak Harry se dood.

Martie en Siena begin ook met ’n nuwe lewe.

Daantjie keer terug en hy en Soldaat word deur Danie ontmasker.

Dis 1947 en die bejaarde Daantjie leef steeds ’n leuen wat soos ’n kanker in Soldaat bly sit. Op Soldaat se sterfbed bieg hy teenoor Magrieta en die waarheid maak hom vry.

’n Onverwagte besoeker arriveer op die plaas …

Kliek hier vir die volledige storie.


binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.