Nuwe Afrikaanse TV-kanaal oppad

2009-10-10 06:41
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - M-Net se Afrikaanse TV-kanaal, kykNET, kry kompetisie.

’n Splinternuwe Afrikaanse satelliet-TV-kanaal, Afrikaanse Satelliettelevisie (ASTV), begin van Maandag 2 November amptelik uitsaai en is reeds besig met toetsuitsendings.

ASTV, met sy hoofkantoor in Rustenburg, se TV-sein is gratis, hoewel kykers steeds ’n DStv-dekodeerder nodig sal hê omdat ASTV van meet af in digitale formaat uitgesaai sal word.

’n Dekodeerder moet in ’n paar maklike stappe heringestel word om ASTV as ’n bykomende TV-kanaal op te vang. Die nuwe uitsaaier spring volgende maand weg met meer oorspronklike plaaslike TV-programme in Afrikaans as toe kyk­NET presies ’n dekade gelede op DStv begin uitsaai het.

ASTV, wat reeds ’n webblad www.astv.co.za het, sê die uitsaaier sal “fokus op gehalte-gesinsvermaak, aktualiteitsprogramme, nuus en sport wat nasionaal uitgesaai sal word” en belowe dat “alle programme van die hoogste gehalte, nie-diskriminerend en ook opvoedkundig sal wees”.

Die nuwe nasionale kanaal het reeds ’n indrukwekkende programlys vir sy uitsaaiskedule wat, nes kykNET, deurlopend op verskillende tye deur die dag en week herhaal sal word. Daar is musiekprogramme soos Klankbaan (die aanbieder is nog onbekend) en My Storie, waarin kunstenaars die stories agter hul gewilde liedjies sal deel.

Leefstylprogramme sluit in Wat Maak Jy? oor tuisvlyt-idees, ’n kosprogram, Kos is Oppie Tafel met Cheree en Wynand Strydom, ’n visvangprogram getiteld Vaskap met die aanbieder Lourens Louwies, en Feesvoete met aanbieders Anel en Hans Drommedaaris, wat landwyd by feeste gaan kuier, ’n skoonheidsprogram, Eksie Perfeksie, en Loopbaan, met beroepsvoorligting vir leerders.

ASTV het ook kletsprogramme soos Joernaal en Ons Gesels Met waarin met plaaslike bekendes gekuier word.

Die kanaal sal elke dag met die godsdiensprogram Boekevat begin en eindig en sal ook kerkdienste, Afrikaanse musiekvideo’s en Afrikaanse musiekkonserte wat regstreeks opgeneem is, uitsaai.

- Die Burger
 

Lees meer oor: televisie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.