Nog ‘n ma-dogter reeks
2009-10-14 16:29
Los Angeles - Gehou van Gilmore Girls? ‘n Soortgelyke televisiereeks is in die pyplyn.
Amy Sherman-Palladino wat Gilmore Girls geskryf het, is besig met ‘n nuwe reeks wat gaan oor die verhouding tussen ‘n ma en haar drie dogters.
Dis ‘n ingewikkelde verhouding tussen drie susters wat in dieselfde gebou bly en hul dominerende ma wat hulle jonger broer voortrek.
Al drie dogters is skrywers en hul ma is self 'n bekende in literêre kringe.
“Dis ‘n storie oor liefde, haat, familie – en om die perfekte eerste sin (opening line) te kry,” het Sherman-Palladino gesê.
Die reeks, tot dusver naamloos, sal binnekort op satelliet-TV te sien wees.
- Reuters