Nóg ‘n boek oor Jackson
2009-09-25 15:55
Los Angeles- ‘n Nuwe boek deur Michael Jackson se voormalige spirituele leier ontbloot glo nuwe geheime agter die popster se vreemde lewe.
Volgens rabbi Shmuley Boteach se boek “The Michael Jackson Tapes” het Jackson ‘n vrees gehad om eendag oud te word. Sy obsessie met medikasie is glo iets wat reeds 10 jaar van te vore begin het.
Die boek is gebaseer op 30 ure se stemopnames wat tydens onderhoude opgeneem is. Behalwe vir die onthullings van Jackson se vrees om oud te word is daar nie regtig veel nuwe inligting bekendgemaak nie, meen kritici.
Michael Jackson is op 25 Junie oorlede. Sy dood word steeds ondersoek.
–Sapa, AP