Nóg ‘n Spider-man aktrise beseer
2011-03-23 18:00
New York – Die aktrise T.V Carpio, wat vroeër die beseerde Natalie Mendoza op die stel van die musikale blyspel Spider-man vervang het, het self ‘n besering opgedoen.
Carpio het verlede week ‘n besering opgedoen toe sy tydens verfilming in ‘n gevegstryd met ‘n mede-akteur betrokke was.
Rick Miramontez, ‘n woordvoerder, het in ‘n verklaring gesê Carpio sal vir die volgende twee weke buite aksie wees.
Die aktrise America Olivo sal nou Carpio se rol oorneem tot wanneer sy terugkom.
Die film, wat in April klaarmaak en in Junie bekendgestel gaan word, is gekenmerk deur ongelukke wat op stel gebeur het.
Vier ander akteurs is tydens voorvalle op die stel beseer.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters