Nog 'n SABC Survivor-glips

2009-11-24 07:50
Tweets Share Share line Print

Thinus Ferreira

Kaapstad - TV-kykers wat gereed sit om weer van Maandagaand Survivor te kyk, kan ’n skok te wagte wees: SABC3 gaan nié die volgende seisoen van die gewilde Amerikaanse realiteitsreeks uitsaai nie.

Die kanaal, wat die realiteitsprogramme The Amazing Race en Survivor om die beurt uitsaai, het nog nie die kontrak vir die nuwe seisoen, Survivor: Micronesia, met die internasionale verspreider onderteken nie.

Dit volg nadat SABC3 die finale uitsending van Survivor: China in September vir kykers bederf het en R60 000 se advertensiegeld moes terugbetaal.

SABC3 maak nou gereed om derderangse realiteitsreekse in die Survivor-kykgleuf uit te saai en begin Maandagaand met Momma’s Boys, gevolg deur Make Me a Supermodel.

Dit beteken dat Survivor eers middel April op die kassie sal wees.

’n SABC3-ingeligte het gesê SABC3 sal die begindatum dadelik naderskuif sodra ’n nuwe kontrak onderteken word.

SABC3 se amptelike antwoord was gister dat die uitsaaier “nie ’n nuwe Survivor aan die einde van die jaar wil begin en gedurende Desember op die lug wil hê nie’’.

Dit is baie goeie nuus vir M-Net se Suid-Afrikaanse weergawe, wat in die verlede weens toevallige skeduleringsplanne deur die twee uitsaaiers in dieselfde tydgleuf as die Amerikaanse weergawe op die lug was en moes meeding om kykersaandag.

M-Net se Survivor SA begin op 20 Januarie om 20:00 en word tans op Paradys-eiland aan die Mosambiekse kus by Inhassoro verfilm met sterre soos Cindy Nell en Christina Storm.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: realiteits reeks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.