Nóg ‘n Gaga-uitrusting vir Lady
2010-02-11 14:54
New York - Lady Gaga het besluit dat ‘n tradisionele pêrelhalssnoer net die ding is om haar uitrusting vir ‘n liefdadigheid onthaal af te rond, maar soos met alles anders wat die omstrede ster aanpak moes sy dit op haar eie manier dra.
Die sangers van treffers soos Poker Face het honderde pêrels aan haar gesig, lyf en bene laat plak en haar hele lyf wit laat verf. Sy het slegs ‘n bikini en kort baaitjie wat bedek is met pêrels gedra en die enigste bietjie kleur in haar uitrusting was haar pienkgeverfde lippe.
Teenoor ander gaste wat in formele drag opgedaag het, het Gaga soos ‘n seer duim uitgestaan en haar optrede tydens die onthaal het soos altyd baie aandag getrek.
Vir foto’s besoek: www.dailymail.co.uk.