Nicky Greenwall swanger met tweede kind
2012-12-10 13:58
Kaapstad – Die bekende TV-aanbieder Nicky Greenwall is swanger met haar tweede kind.
Greenwall, wat die aanbieder is van haar eie TV-program, ScreenTime With Nicky Greenwall, is net bietjie meer as 12 weke swanger, berig You.
Sy en haar lewensmaat, Robin Fryer, het reeds 'n 14 maande oue dogter, Georgina, saam.
Ronnie Whitaker, wat Greenwall se publisiteit hanteer, het gesê die baba sal min of meer dieselfde tyd gebore word as dié van Catherine, die hertogin van Cambridge.
"Dit is 'n wonderlike tyd om 'n baba te hê. Nicky hou daarvan om 'n ma te wees en is opgewonde oor haar tweede seun of dogter en nes met Georgina, wil hulle hê dit moet 'n verrassing wees."
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter