New York vier Fugard se 80ste

2012-01-04 10:09
Tweets Share Share line Print

New York – Ter viering van die dramaturg Athol Fugard se 80ste lewensjaar word vier van sy dramas vanjaar op ­Broadway opgevoer.

Blood Knot, The Road to Mecca, My Children! My Africa! en The Train Driver word deur die Signature Theater Company op die planke gebring, skryf Eric Gode in The New York ­Times.

The Road to Mecca (1984) begin op 17 Januarie.

Dit handel oor Helen Martin, ’n Afrikaanse weduwee wat haaks raak met haar tuisdorpie se inwoners wanneer sy begin om vreemde beeldhouwerke in haar agterplaas te maak.

Dit is gegrond op die skepper van die Uilhuis in Nieu-Bethesda, waar Fugard ’n tuiste het.

Oor hierdie stuk sê Fugard: “Daar’s ’n reël waarin Miss ­Helen sê: ‘I’ve reached the end of my journey.’

Nou die aand, by die eerste voorskou, het ek skielik ­besef: ‘Wow, jy nader die eindpunt van jou reis. Jy het hierdie stuk vir jouself geskryf’. Ek is nie ver van die oomblik waar al my kerse uitgeblaas gaan word nie.”

Blood Knot (1961) gaan oor die verhouding tussen twee broers van verskillende rasse, Zachariah en Morris.

Volgens Fugard lê die ontstaan van dié stuk “nie soseer in die Suid-Afrikaanse politiek as in die ver­hou­ding tussen my en my oorlede broer nie. Ek het intussen besef dit draai eintlik om die eksis­ten­siële dilemma van ek en die ­Ander.”

Met My Children! My Africa! (1989) het Fugard die storie van ’n hoërskool-letterkundekompetisie gebruik om die opruiende ANC-retoriek van die tyd onder die loep te neem.

“Dié stuk kom uit die ­donkerste periode van die apartheidsjare, ’n era waarin my geloof in die geskrewe woord as reaksie op die politieke situasie werklik uitgedaag is.

“Ná die skryf daarvan het ek onwrikbaar geglo om woorde op papier te sit is ’n daad wat dalk selfs kragtiger as die plant van ’n bom kan wees – ná die ­ontploffing bly net verwoesting oor, maar woorde kan baie lank in ­iemand anders se kop bly steek.”

The Train Driver (2010) speel af in ’n informele begraafplaas waar die opsigter anonieme grafte met wieldoppe en ander rommel ­versier.

“Daar is talle ­naam­lose grafte in Suid-Afrika. En wanneer jy tussen hulle deurloop, sien jy soms ’n bottel vol skulpies wat op een neergesit is.

Hoewel die opsigter naamlose mense begrawe, probeer hy doen wat ek in my skryfwerk probeer doen het.

Jy kan die dooies nie ’n naam gee nie, maar jy kan sê: ‘Hier lê ’n mens; ’n borrel drome en hoop wat tot niks gekom het nie.’”

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: athol fugard  |  new york  |  broadway

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.