Ndaba skep dansproduksie vir Jazzart

2010-09-02 08:43
Tweets Share Share line Print

Jazzart-dansteater se nuwe dans­produksie iHaw’ Elisha word ­Vrydag in die Kunstekaap-teater ­geopen.

Die stuk is met lof op die Dans­sambreel in Johannesburg ontvang.

Die choreograaf Sbonakaliso ­Ndaba vertel in ’n persverklaring: “Die Jazzart-dansers kwyt hulself uitstekend van hul taak om die ­buitenste lae af te skil, om hulself ­gestroop van die werklike lewe te laat – teer, ontbloot en pragtig.”

Ndaba verduidelik dat hoewel daar geen verhaal is om as ­agtergrond te dien nie, gehore steeds aanklank sal vind by die onder­liggende konsep: die naspoor van die skaakspel van die lewe.

Sy vertel: “Daar is oral in die stuk beelde van skaak, omdat ek die lewe altyd beskou as georkestreer deur iemand of iets wat hoër as ons almal is.

“As mense vertroud is met skaak sal hulle verstaan dat elke beweging ’n ander skuif ontlok en uiteindelik elke stuk op die bord raak.”

“My bedoeling was om ons gemeenskaplike menslikheid te ontbloot in vlugtige terugblikke.

“Dit verken die wyses waarop ons dinge sien en doen, sowel as ons ­gebare, ons wese, ons goeie en slegte gewoontes.

“Die dansers, wat bekend is vir hul kragtige fisieke vermoëns sowel as hul sielvolle interpretasies, is ­werklik opgewasse vir hierdie uit­daging,” voeg sy by.

Sy is opgewonde oor die nuwe danswoordeskat wat sy en haar ­dansers ontwikkel het.

Ndaba glo om te leef en te dans staan in die hedendaagse Suid-Afrika sentraal tot die interpretasie van hierdie lewenservarings.

Sy wil hierdie ervarings in nuwe momente omskep wat met plaaslike gehore sal resoneer.

’n Nuwe klankbaan deur BLK Sonshine se Neo Muyanga is ­spesiaal in opdrag vir die Kunstekaap-speelvak geskep.

Ndaba het haar professionele ­loopbaan gevestig as danser en ­onderwyser by die Jazzart-dansteater van 1994 tot 2001.

In 2001 het sy na Durban teruggekeer om weer die Phenduka-dans­teater opte rig.

Haar innoverende benadering tot dans het aan haar verskeie vooraanstaande toekennings vir choreografie besorg, insluitend die 2000- FNB Vita-toekenning as belowendste choreograaf, die 2003-DaimlerChrysler-toekenning vir Suid-Afrikaanse choreografie en die 2005 KwaZulu-Natal Dance Link-toekenning vir die beste choreograaf.

Haar onlangse verpligtinge sluit in die choreografeer van die ­openingseremonie van die Harare-internasionale kunstefees, Aïda vir Kaapstad Opera en Poet and ­Prophetess vir die Norrlands Operan wat in Umea, Swede ’n première beleef het.

iHaw’ Elisha het ’n speelvak van nege vertonings. Dit duur tot Sondag 12 September. Aandver­tonings is om 20:15 op 3 en 4 September en weer op 9, 10 en 11 September.

Daar is ook middagvertonings om 15:00 op Saterdag 4 en 11 September en vroeg-aandvertonings om 18:00 op Sondag 5 en 12 September.

Kaartjies kos R50. Bespreek by Computicket of Kunstekaap se Bel-’n-Sitplek by 021421695.

- Die Burger

Lees meer oor: vermaak

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.