Naomi Campbell vier haar verjaardag in Heilige Land
2012-05-22 21:51
Bethlehem – Die Britse supermodel Naomi Campbell het haar 42ste verjaardag in die Heilige Land gevier nadat sy laataand in Tel Aviv aangekom het, het mediaberigte en ‘n korrespondent van AFP gesê.
Campbell en haar entourage het Dinsdagoggend ‘n kort besoek aan die Kerk van die Geboorte in Bethlehem, die tradisionele geboorteplek van Jesus Christus, afgelê, het die korrespondent gesê.
Hulle het daarna middagete by die nabygeleë Casa Nova Palace-hotel gehad.
Campbell het laat Maandagaand in ‘n privaat vliegtuig by die Ben Gurion Lughawe geland saam met haar miljoenêr-kêrel, Vladislav Doroni, en ‘n groep van sowat 15 nabye vriende, sowel as ses lyfwagte, het Israel se Yediot Aharonot-koerant berig.
Sy is na Jerusalem vir ‘n nagtelike staptoer van die Klaagmuur, waarna hulle na die stad se King David-hotel is, het die koerant berig.
Dit was nie bekend hoe lank die model in die streek sou bly nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP