Nando's se komediefees in Zim gekanselleer
2011-12-05 16:03
Kaapstad – Nandos' se komediefees in Zimbabwe is gekanselleer weens die “laaste staande diktator”-advertensie wat dié land in rep en roer gehad het, het The Standard in Zimbabwe berig.
Volgens dié Sondagkoerant is die vertoning van 15 Desember gekanselleer nadat Nando's se “laaste staande diktator”-advertensie in Suid-Afrika vir pres. Robert Mugabe as eensaam sonder sy mede-diktator vriende uitgebeeld het.
Die advertensie is sedertien in Suid-Afrika teruggetrek.
The Standard het berig dat Caroline Nyadzayo, woordvoerder van Nando's, bevestig het die fees is gekanselleer.
"Dit was nie vir ons reg om met die aangeleentheid voort te gaan gegewe die prentjie wat van ons organisasie geskets is nie."
Loyiso Gola, Trevor Noah en Kagiso Lediga is onder die bekende komediante wat by die fees sou optree.
Loyiso Gola het Maandag op Twitter gesê: "Ons toer na Zimbabwe is gekanselleer weens die Nando's-advertensie. Sjoe."
Kyk hier na die advertensie.
– Channel24.
– Volg Nuus24 op Twitter.