Nádine, Steve Hofmeyr in nuwe musiekblyspel
2012-02-05 08:57
Johannesburg – Die gewilde sangers Nádine en Steve Hofmeyr is van April af te sien in ’n nuwe musiekblyspel, Lied van my hart.
Elzabé Zietsman, Vaughan Gardiner, Altus Theart, Michelle Botha, Cobus Venter, Tessa Denton, Johan C. Venter, Edrien Erasmus, Lindi Victor en Jaco Muller maak die res van die rolverdeling uit.
Deon Opperman en Sean Else is die skrywers.
Nádine, wat die hoofrol vertolk, sê sy is baie opgewonde oor dié uitdaging.
“Nog voordat ek geweet het die rol is myne, kon ek nie genoeg kry van die storielyn en die musiek nie.
“Dis ’n vreeslike mooi storie – plaasmeisie tot popster.”
Sy kan nie wag dat die gehoor die musiek hoor nie.
“Daar is nuwe musiek, maar Opperman en Else verweef hoofsaaklik ’n keurspel van bekende Afrikaanse treffers in hierdie oorspronklike verhaal soos net dié skryfspan kan.”
Repetisies begin in Maart, waarna Lied van my hart op 15 April in die Staatsteater se Operahuis in Pretoria open.
“In ’n teater moet jou stem baie fiks wees. Ek begin nou al met my voorbereiding en om in ’n roetine te kom,” sê Nádine.
Volg Nuus24 op Twitter
- Rapport