Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

'Musikale reus' Robin Gibb sterf

2012-05-21 07:15
Tweets Share Share line Print

Londen – Die Bee Gees-ster Robin Gibb het Sondag ná 'n lang stryd met kanker in die ouderdom van 62 gesterf, het sy familie gesê.

"Die familie van Robin Gibb van die Bee Gees kondig met groot hartseer aan dat Robin ná sy lang stryd met kanker en 'n operasie aan sy ingewande oorlede is," lui 'n verklaring.

Barry, Maurice en Robin Gibb het in die 1970's treffers gehad soos "How Deep Is Your Love", "Stayin' Alive", en "Night Fever".

Die groep het sedert hul eerste treffers in die 1960's vrygestel is, meer as 200 miljoen albums verkoop.

Gibb het 18 maande gelede 'n operasie vir 'n onverwante kwaal ondergaan, maar 'n gewas is gevind en kolon- en lewerkanker is by hom gediagnoseer.

In Februarie vanjaar het Gibb gesê hy het “skitterend” herstel, maar sy gesondheid het kort daarna agteruitgegaan.

Die sanger was verlede maand in 'n koma nadat hy longontsteking opgedoen het, maar hy het weer herstel.

Hy het tot onlangs met sy vrou, Dwina, en sy seuns, Robin-John en Spencer, gekommunikeer deur sy sy oë te knip nadat dokters 'n trageotomiebuis in sy keel geplaas het.

Gibb is op 22 Desember 1949, sowat 'n halfuur voor Maurice, gebore.

Hy word oorleef deur sy vrou, Dwina Murphy-Gibb, en sy drie kinders, Spencer, Melissa en Robin-John.

Gibb was vanaf 1968 tot 1980 met Molly Hullis getroud voor hy later met Murphy-Gibb getroud is.

Verskeie musikante het hul medelye aan die familie betuig.

Die Kanadese rocker Bryan Adams het op Twitter geskryf: "Robin Gibb RIP. Baie hartseer om te hoor dat nog 'n wonderlike sanger so jonk dood is."

Mick Hucknall van Simply Red het Gibb as 'n "musikale reus" beskryf, terwyl Duran Duran ook hul medelye aan die familie betuig het.

"Rus in vrede, Robin Gibb. Dankie vir die musiek," het Sony Music in 'n verklaring gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter

- AFP

Lees meer oor: robin gibb  |  bekendes
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Gielman Tiwwe sê... Willy het sewe soorte maagsappe uit Allers gedruk... ;-) Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Northwold - 20:37 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Bellairs Drive
  • Thursday Pretoria - 18:17 PM
    Road name: Solomon Mahlangu Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Lois Avenue
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.