Murray toon selfmoordneigings
2011-11-16 09:06
Los Angeles – Dr. Conrad Murray, wat skuldig bevind is op ‘n aanklag van onvrywillige manslag in verband met Michael Jackson se dood, toon glo selfmoordneigings.
Murray is deur ‘n regter beveel om in aanhouding te bly tot sy vonnisoplegging op 29 November.
Hy het glo aan sy eksmeisie, Nicole Alvarez, sy lyfwag, Jeff, en sy regspan gesê hy wil nie meer lewe nie omdat die uitspraak van sy verhoor as ‘n skok gekom het.
Nadat Murray skuldig bevind is, is hy in ‘n enkelsel geplaas waar hy 24 uur gemonitor word vir sy eie veiligheid.
Murray kan tot vier jaar tronkstraf gevonnis word.
Jackson is in Junie 2009 aan ‘n oordosis propofol oorlede.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.