Murray stel sy kant van die saak
2011-10-07 23:12
Los Angeles – Staatsaanklaers gaan na verwagting 'n opname met dr. Conrad Murray se onderhoud wat hy met die polisie gevoer het in die hof speel, het The Belfast Telegraph op hul webwerf berig.
Murray word daarvan verdink dat hy die sterk verdowingsmiddel Propofol aan Michael Jackson gegee het wat tot die sanger se dood gelei het.
Murray het skuld ontken op ‘n aanklag van onvrywillige manslag.
In die onderhoud het Murray sy weergawe van wat presies tydens die finale ure van die sanger se dood gebeur het gegee.
Murray praat oor die behandelings wat hy op Jackson toegepas het, insluitend die dosis Propofol wat hy hom gegee het.
Die onderhoud van meer as twee ure was nog nooit in die publiek gespeel nie. ‘n Transkripsie van die onderhoud is ook nog nooit vrygestel nie.
Staatsaanklaers sal ‘n speurder na vore roep wat op sy beurt die onderhoud sal bekendstel. Die onderhoud is twee dae ná Jackson se dood op 25 Junie 2009 gedoen.
– Volg Nuus24 op Twitter.