Murray sal appèl aanteken
2011-12-05 09:03
Los Angeles – Dr. Conrad Murray, Michael Jackson se persoonlike dokter, het aangedui hy gaan appelleer teen sy skuldigbevinding.
Murray, wat verlede week tot vier jaar tronkstraf gevonnis is, het reeds sy dokumente by die hof ingedien en gaan homself verteenwoordig.
Dít kom nadat ‘n jurie hom vroeër skuldig bevind het op ‘n aanklag van onvrywillige manslag in verband met die sanger se dood in Junie 2009.
Murray, wat tans tronkstraf uitdien, het versoek dat hy alle transkripsies van sy verhoor en voorlopige verhoor asook die instruksies van die jurie wil nagaan.
Ten spyte van Murray se appél word daar verwag dat hy voor Kersfees uit die tronk vrygelaat kan word en die res van sy vonnis onder huisarres uitdien weens die nie-gewelddadige aard van sy misdaad.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.