Murray het liters propofol bestel

2011-10-05 10:11
Tweets Share Share line Print

Los Angeles – ‘n Getuie in die verhoor van dr. Conrad Murray sê hy het 15 liter van die middel propofol by hom bestel.

Murray, Michael Jackson se persoonlik dokter, staan tereg op aanklagte van onvrywillige manslag. Hy het skuld ontken.

Die staat beweer Murray het Michael Jackson die sterk verdowingsmiddel propofol gegee wat, tot die sanger se dood in Junie 2009 gelei het.

Volgens Tim Lopez het Murray aan hom gesê die sterk verdowingsmiddel is vir ‘n hele paar pasiënte by sy kliniek in Los Angeles. 

Maar owerhede sê Murray het nie ‘n kliniek in Kalifornië gehad nie.

“Hy het spesifiek aan my gevra om pryse sowel as die beskikbaarheid van propofol... te kry.”

Lopez het aan die hof vertel hy het nie voorheen propofol verkoop nie, maar hy het drie dae ná Murray se versoek 35 flessies na sy teater in Las Vegas gestuur.

Murray het toe van die flessies uit die pakkie gehaal en versoek dat die res na sy kliniek in Los Angeles gestuur moet word, alhoewel die adres wat hy gegee het dié van die woonstel was wat hy saam met Nicole Alvez en hul pasgebore seun gedeel het.

Drie weke later het Murray glo nóg propofol bestel, asook die daaropvolgende maand, het Lopez gesê.

Die finale bestelling wat Murray by Lopez gemaak het was op 10 Junie 2009, 15 dae voor die sanger se dood.

Lopez het getuig sy eerste ontmoeting met Murray was in 2008 toe hy hom genader het vir medikasieroom wat gebruik word om die vel wit te maak.

Murray het aan hom gesê dit was vir pasiënte wat ‘n tekort aan pigmentasie gehad het.

Die saak duur steeds voort.
 
Contact Music.

– Volg Nuus24 op Twitter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.