Murphy se man dagvaar Warner Bros
2010-01-29 19:50
Los Angeles - Die Britse draaiboekskrywer, Simon Monjack gaan die rolprentmaatskappy Warner Bros, vir die dood van sy vrou die aktrise Brittany Murphy dagvaar.
Monjack beweer dat dié maatskappy verantwoordelik is vir Murphy se hartaanval omdat hulle haar kontrak, wat bevestig het dat sy die stem van een van die karakters in die animasieprent Happy Feet 2 sou wees, kanselleer het.
Monjack meen die stres wat Murphy moes verduur het haar dood veroorsaak.
‘n Woordvoerder vir Warner Bros het aangedring dat dié maatskappy "geen kontrak vir Happy Feet 2 met die aktrise aangegaan het nie en daar was dus ook geen kontrak om te kanselleer nie.”
Lees die volledige artikel hier.