Murphy se laaste film gou te siene
2010-02-12 14:33
Los Angeles – Die laaste film waarin die oorlede aktrise Brittany Murphy speel sal later vanjaar op die silwerdoek te siene wees nadat Anchor Bay Entertainment dié rolprent oorgeneem het.
Murphy (32) is in Desember aan ‘n hartaanval oorlede maar sal in die riller, Abandoned verskyn.
"Brittany sal deur almal wat op die stel van Abandoned gewerk het, gemis word. Haar karakter is ‘n slim tog taai meisie en dit is hoe ons almal haar sal wil onthou,” het die vervaardigers in ‘n gesamentlike verklaring gesê.
Lees meer by www.tonight.co.za