Morgan Freeman se hofsaak verby
2009-11-05 23:22
Mississippi- Die akteur Morgan Freeman het ‘n saak buite die hof laat skik nadat hy gedagvaar is vir ‘n ongeluk wat hy in 2008 glo veroorsaak het.
Demaris Meyer, die eienaar van die betrokke motor, het die Oscar-bekroonde akteur in Februarie vanjaar gedagvaar.
Freeman het na bewering nalatig bestuur toe hy die motor vanaf die snelweg, naby sy huis in die Mississippi Delta, in die landerye ingery het.
Die Nissan Maxima het aan Meyer behoort, maar Freeman het daardie dag bestuur. Die voertuig het talle kere gerol voordat dit tot stilstand gekom het.
Freeman se prokureur Jack Hayes Jr, het geweier om die besonderhede oor die skikking te bespreek, maar hy het gesê “ons is bly dit is nou verby”.
-Sapa-AP