Moore vir anoreksie behandel
2012-02-08 17:02
Los Angeles – Die 49-jarige Demi Moore, wat verlede week by die Cirque Lodge-rehabilitasiesentrum in Sundance, Utah ingeboek het, ontvang behandeling vir anoreksie en die verslawing aan voorgeskrewe medikasie.
Dokters het haar ook verbied om haarself te weeg terwyl sy in die sentrum is.
Daar word verwag dat Moore ongeveer 60 dae in die rehabilitasiesentrum gaan deurbring.
Sy het ook geen kontak met mense buite die sentrum, insluitend haar dogters Scout (20), Tallulah (16) Rumer (23), haar gewese man, Bruce Willis, en vervreemde man Ashton Kutcher, nie.
Volgens 'n bron mag Moore niemand tydens haar eerste week by die sentrum bel nie en sy mag ook nie oproepe ontvang nie.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.