Moore ontsteld ná sy rol verloor
2012-01-31 17:27
Los Angeles – Demi Moore was “platgeslaan” nadat sy haar rol in die film Lovelace verloor het.
Die Hollywood-aktrise sou die feminis Gloria Steinem vertolk in die film, wat oor die porno-aktrise Linda Lovelace se lewe handel.
Moore is onlangs deur Sarah Jessica Parker vervang.
Sy het haarself aan Lovelace onttrek nadat sy gehospitaliseer is en ‘n “persoonlike krisis” gehad het.
Heidi Jo Markel, wat die rolprent saam met Jim Young en Laura Rister vervaardig, het aan die tydskrif People gesê: “Dit (Moore se onttrekking) was ‘n skok en bekommernis vir ons almal.”
Die aktrise se verteenwoordiger het die vervaardigers geskakel en gesê dat daar ‘n “persoonlike krisis” was, het Bang Showbiz berig.
“Ons het glad nie geweet wat dit behels het nie...” het Markel vertel.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter