'Moonriver'-sanger sterf
2012-09-27 10:16
Los Angeles – Die gewilde Amerikaanse sanger Andy Williams het in die ouderdom van 84 by sy huis in Branson, Missouri, gesterf nadat hy sy stryd teen kanker verloor het.
Williams was bekend vir liedjies soos "Moon River" en "Can't Take My Eyes Off You".
"Die legendariese sanger Andy Williams is Dinsdagaand by sy huis in Branson, Missouri, oorlede na 'n jaar lange stryd teen blaaskanker," het sy familie by monde van sy woordvoerder bekendgemaak.
Williams laat sy vrou, Debbie, en drie kinders, Robert, Noelle en Christian, almal van sy eerste vrou, Claudine Longet, agter.
Hy en Longet is in 1975 geskei.
Williams en Debbie Meyer is in 1991 getroud.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP