Moederstad is byna gereed vir U2-konsert

2011-02-09 07:08
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die Kaapstad-stadion, ’n reuse-verhoog, 150 skeepshouers vol toerusting, ’n paar duisend sekerheidsbeamptes en ander werkers, en 72 000 pret- en plesiersoekers.

Dít is van die bestanddele wat nodig is vir die supergroep U2 se konsert aanstaande Vrydagaand hier.

Die Kaapse stadsraad se span wat die stadion bestuur, werk reeds sedert die naweek om die stadion vir die konsert reg te kry.

Tonne gras is reeds van die speelveld verwyder en konstruksie van die verhoog van 8 000m² gaan binnekort begin.

Justin van Wyk van Big Concerts, die maatskappy wat U2 ná ‘n afwesigheid van 12 jaar weer na Suid-Afrika bring, het Dinsdag gesê byna 70 000 van die kaartjies vir die konsert is al verkoop. “Daar is dus nog so 2000 kaartjies vir laatslapers.”

Hy het verduidelik meer as 50 000 konsertgangers sal op die paviljoene sit. Net 17 000 kry staanplek voor die reuse-verhoog op die veld.

“Die verhoog is ’n struktuur van sowat 200 ton wat 50 m die lug in reik. Die toerusting vir die verhoog, asook vir die orkes, is in 150 skeepshouers gebring van Australië, waar U2 in Desember op toer was.”

Big Concerts het 100 vragmotors gehuur om die toerusting vir die konserte tussen Johannesburg en Kaapstad te vervoer.

“Dit is alles die moeite werd. Die twee konserte vergelyk goed met van die bestes en die grootstes in die wêreld.”

Die U2-geselskap bestaan uit meer as 300 mense. “Hulle kom met hul gesinne, dokters, fisioterapeute, sjefs, veiligheidspersoneel en selfs geestelike raadgewers. Dit is ’n selfonderhoudende dorp wat om die wêreld reis.”

Gevra oor die ekonomiese impak van die konserte, het hy gesê: “U2 gaan sowat R20 miljoen by plaaslike verskaffers bestee. Dit skep werk vir baie mense. Ons het ook 2 000 tot 3 000 mense wat ons help. Só leer hulle om ’n groot konsert aan te bied.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2004
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2006
R 129,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.