Moderne taalgids bied raak, reguit riglyne

2010-01-14 10:41
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - 'n Enkele dag nadat ek John Linnegar se Engleish, our Engleish vir resensie ontvang het, het ek besef hoekom dié taalgids so belangrik is.

Ons president (ek gaan nie name noem nie) haak op nasionale tv af met die volgende uitdrukkings: "There must be a readiness pool available" (wat?) en "we still have a way to go".

Ways to go, president, waysss!

Ek sal my verstout om te sê Engels is die taal wat die meeste tussen Suid-Afrika se vele rasse gepraat word. Dis die grootse gemene deler, 'n taal waarvan meeste darem 'n bietjie weet.

Met die bevolking van eerstetaal Engelssprekendes so rondom die 8%, is meeste gebruikers egter tweedetaalsprekers.

Juis daar lê ou Shakespeare se 'wrywing.'

Met elf amptelike tale loop die tweedetaal Engelssprekende daagliks die gevaar om Engels en sy eie taal deurmekaar te krap.

En dit is die taak wat Linnegar homself ten doel stel in Engleish: om hierdie verbasterende kruisbestuiwing uit te roei, die grootste deurmekaarmakers uit te wys, en die basiese, korrekte Engels op papier te sit.

Die skrywer kon dalk met 'n ander titel vorendag gekom het. Engleish, our Engleish val nie só lekker op die tong nie. Mens kry dalk ook 'n skewe kyk wanneer dié titel as die bron van jou nuutgevonde taalkennis aangehaal word.

Maar maak geen fout nie, Engleish is 'n deeglike naslaanwerk, nie 'n half-snaakse boekie oor taalblapse nie.

Terselfdertyd is dit nie nóg 'n swaar taalbybel, ten duurste op universiteit aangekoop, wat nou die familieboekrak langs vergeelde hygromans volstaan nie.

Engleish is die tipe taalgids wat 'n handige, vinnige verwysingsbron op die taalredigeerder se lessenaar gaan word, en een waaruit die kennis net so lekker sal beïndruk tydens jou volgende voorlegging by die werk.

Met tema's soos 'Let's not get stressed about verb tenses' en 'Infinitives: Just don't split on me' beweeg Engleish 'n bietjie weg van die fronsvoorkop akademiese taal- en stylgids wat ek aan gewoond is.

Linnegar mors nie veel tyd met ingewikkelde verduidelikings van die grammatika of reëls nie. Hy wys die foute uit en gee die regte gebruik. Netso.

Hy hersien ook sommer 'n paar argaïese taalmites, wat moontlik nog net deur taalpuriste êrens in KwaZulu-Natal, Constantia of Houghton gebruik word. Jy weet, daai wat van Engeland praat as die "Old country" en na die "provinsie van Suid-Afrika" verwys.

Engleish is dun, maar deeglik. As taalpraktisyn en voormalige Engelse onderwyser was daar werklik nie 'n alledaagse taalgebruik wat ek in dié gids gemis het nie.

Linnegar, 'n ou hand, se boek sê alles wat 'n taalgids moet, maar met so bietjie meer vonk as die res.

Koop hom, en ek hoop hy word varkoor van gebruik.

Uitgewer: Pharos
Prys: R130
Formaat: Sagteband
ISBN-13: 978-1-86890-102-9
(Prys onderhewig aan verandering)

Lees meer oor: taal  |  boeke

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2004
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2006
R 129,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.