Model gedagvaar oor parfuum
2009-10-28 10:36
New York – ‘n Maatskappy wat parfuum bemark dagvaar vir Naomi Campbell vir kontrakbreuk.
Volgens die maatskappy weerhou sy miljoene rande in winste vir ‘n parfuum wat hulle help ontwikkel het.
“Campbell het al miljoene dollar gemaak met die verkoop van parfuum en produkte wat Moodform Missions help ontwikkel en bemark het,” lui die dagvaarding.
Die parfuum waaroor die dagvaarding gaan is Cat Deluxe and Seductive Elixir.
Volgens Moodform Missions het Campbell gereeld betalings gemaak, soos haar kontrak voorgeskryf het.
Sy het egter ewe skielik ophou betaal en “ignoreer” nou glo die maatskappy.
- Reuters