Model en krieketster verloof
2010-07-22 11:49
Kaapstad - Jammer dames, die sexy Kaapse krieketheld JP Duminy is van die rak af.
Duminy en sy meisie, Sue Erasmus, gaan na verwagting volgende jaar trou, ná hy haar verlede week tydens 'n romantiese vakansie in die Maldives om haar hand gevra het.
"Ons het uitgegaan vir die dag en toe ons terugkom was aandete alreeds voorberei. Hy het gesê hy gaan nagereg kry toe hy my blinddoek. Toe ek die blinddoek afhaal was die koek voor my en in sjokolade geskryf: 'Sal jy met my trou?'," het Erasmus gesê.
"Ek het stil geword en kon nie die ja uitkry nie, omdat dit so 'n belangrike oomblik was."
Die paartjie het verlede jaar ontmoet toe Erasmus, 'n deeltydse model, aan 'n modeparade vir die bekendstelling van die Proteas se nuwe klere deelgeneem het.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter