Mode-ghoeroes gons oor Wittstock-rok

2011-06-20 08:59
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Mode-ghoeroes bespiegel wyd en syd watter voorkoms Suid-Afrika se eie prinses vir haar groot dag gaan kies.

Die Olimpiese swemmer Charlene Wittstock trou op 2 Julie met prins Albert II van Monaco, in dié koninkryk aan die Franse Riviera.

“Dit gaan ’n interessante ene wees,” het die Kaapse ontwerper Paul van Zyl, gesê. “Sy sal beslis meer vryheid as Kate (Middleton) hê.”

Hy vermoed die rok gaan meer modieus wees as die een wat dié bruid van prins William van Brittanje gedra het. “Tog sal sy respek vir die koningshuis hê.”

Wittstock het in ’n onderhoud vandeesweek op die TV-program Top Billing ’n uitrusting van die Suid-Afrikaanse ontwerper Terence Bray gedra.

Hy voorspel dat haar rok “skoon” lyne sal hê wat bietjie meer “slinky” is en hy dink nie sy sal haar sommer in ’n “pofrok” begewe nie.

Van Zyl was ’n groot aanhanger van prins Albert se ma, die rolprentster Grace Kelly, en hy meen Wittstock doen die styl-ikoon se naam gestand.

Die Johannesburgse ontwerper Gert Johan Coetzee stem nie saam nie. Hy meen Wittstock sal meer modebewus moet wees. “Mense wil van haar ’n styl-ikoon maak. Ek hoop sy het ’n stilis.”

Hy meen dit sal goed wees as haar trourok haar swemmer-skouers effens verbloem. Hy hoop sy dra ’n sjaal, of iets soortgelyks.

Luidens berigte sal die Italiaanse ontwerper Giorgio Armani die trourok ontwerp.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2004
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2006
R 129,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.