Mimi maak op 79 haar debuut in fliek

2012-01-24 07:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Net vyf maande voordat sy 80 word, maak die diva Mimi Coertse vanjaar haar rolprentdebuut.

“Fame at last!” het Coertse Maandag geskerts.

Sy was in die jare vyftig as operasanger wêreldberoemd, veral in Wene, Oostenryk. In dié land word vandag nog van haar as “unsere Mimi” (onse Mimi) gepraat.

“Na dese kan ek ook spog dat ek op die verhoog, op TV en in ’n rolprent karakterrolle vertolk het,” het Coertse gesê na aanleiding van die rol wat sy losgeslaan het in die rolprent Talent, waarvan die verfilming middel aanstaande maand begin.

Die rolprent is losweg gegrond op die ware verhale van vier plaaslike kunstenaars wat in baie moeilike omstandighede uitgestyg het en naam gemaak het, het Johan Swanepoel van Trio-produksies gesê. Hy het die draaiboek geskryf en is ook die regisseur.

Dit is juis die aangrypende verhaal van James Bhemgee, ’n straatveër van Kaapstad wie se puik stem ontdek is terwyl hy strate gevee het, wat tot Coertse se rol gelei het. Bhemgee was uiteindelik die wenner van SA’s Got Talent in 2010.

In Talent is dit ’n vullisverwyderaar wie se stem ontdek word terwyl hy asdromme leegmaak. Coertse vertolk die rol van Anne Duval, wat die jong sanger (vertolk deur Kevin Leo) onder haar vlerk neem en hom tot roem lei.

Nog drie soortgelyke verhale wat volgens Swanepoel “deels fiksie en deels feite” is, speel hulle in die rolprent af. Uiteindelik beland al vier die mense in ’n talentkompetisie met ’n prysgeld van R1 miljoen.

Ander bekendes wat in die rolprent speel, is Frank Opperman, Paul du Toit, Elma Postma en Helene Lombard.

Coertse het gesê sy het “vroeër jare” in ’n paar rolprente verskyn, maar nie as ’n karakter nie. “Ek het myself gespeel en het gesing. Hierdie is my debuut in ’n karakterrol.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: mimi coertse  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2004
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2006
R 129,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.