Mills dogter 'n diereregte aktivis
2009-07-31 21:24
Londen – Heather Mills se 5-jarige dogtertjie het vakansiegangers mal gemaak deur ‘n veldtog te hou vir diereregte.
Beatrice, Mills se dogter, is ‘n streng vegetariër en tydens ‘n vakansie in Frankryk het sy gedurig ander gaste oor hul eetgewoontes uitgevra.
Beatrice vra almal uit wat vleis eet. Toe ons in die suide van Frankryk was, was daar ‘n buffet vir kinders, en teen die einde van die week wou niemand naby ons sit nie want sy sou oorgaan en sê, ‘Hoekom eet jy die koei se boud?’ of, ‘Oe, kyk daardie garnaaltjie met die klein ogies,” het Mills gesê.
Sedert Mills in 2008 ‘n $46 miljoen (R360 miljard) egskeidingsaak van Paul McCartney gewen het, het sy ‘n voltydse diereregte veteraan geword.
“Hoekom drink ons nie melk van rotte of katte of honde nie? Die maklikste en mees effektiewe manier om by te dra is om ons dieët aan te pas. Dis is so maklik,” het sy gesê.
- bangshowbiz.com