Miley Cyrus se ouers gaan skei
2010-10-29 05:18
Kaapstad – Billy Ray Cyrus en sy vrou Tish, ouers van die tienerster Miley Cyrus, gaan ná 17 jaar in die huwelik, skei.
“Dit is ‘n baie moeilike tyd vir ons gesin,” het Billy Ray en Tish Cyrus in ‘n gesamentlike verklaring aan People gesê.
“Ons probeer deur ‘n paar persoonlike kwessies werk en waardeer dit dat julle aan ons dink en ons in julle gebede hou.”
Die paartjie het vyf kinders, insluitende Miley.
Miley het roem verwerf op Hannah Montana, ‘n TV-reeks op Disney se televisiekanaal.
Sy het daarna met ‘n hoogs suksesvolle sangloopbaan begin.
Sy volg in die voetspore van haar pa wat 'n welbekende country-sanger is, met treffers soo "Achy Breaky Heart" wat hom internasionale sukses gebring het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- News 24