Mike Tyson in hegtenis geneem
2009-11-12 04:44
Los Angeles - Volgens die polisie is die bokser, Mike Tyson, in hegtenis geneem by die Los Angeles-lughawe nadat hy glo kopgestamp het met ‘n paparazzi-fotograaf.
“Ek kan bevestig dat Tyson deur die polisie aangehou word by die lughawe,” het sers. Kevin Lowe, woordvoerder, gesê.
Na bewering het die voorval Woensdagmiddag by terminaal 7 op die lughawe plaasgevind. Tyson het die fotograaf glo omgeslaan. Die man het om die grond geval en sy kop oopgestamp. Hy is na die hospitaal geneem.
Geen verdere inligting was beskikbaar nie.
–Sapa