Michael Lohan wéér agter tralies
2011-10-27 12:20
Los Angeles – Lindsay Lohan se pa, Michael Lohan, is wéér in hegtenis geneem nadat hy glo sy meisie, Kate Major, gekontak het, het TMZ op hul webwerf berig.
Volgens wetstoepassers het die polisie in Tampa vroeg Donderdagoggend op ‘n oproep vanaf Major gereageer wat beweer Michael het haar probeel bel. Hy wou haar glo ook nie alleen laat nie.
“Beamptes het Major by haar woonstel ondervra nadat sy hulle gekontak het.”
Lohan het glo ook wéér probeer ontsnap deur na sy woonstel, wat op die derde verdieping was, se balkon te spring. Hy het toe in 'n boom geval.
Volgens beamptes is Michael by sy hotel in hegtenis geneem nadat hy sy borgtogvoorwaardes verontagsaam het.
Michael is in polisieaanhouding by dieselfde tronk waar hy sowat 12 ure gelede vrygelaat is.
– Volg Nuus24 op Twitter.