Michael Jackson verdien meeste van dooies

2010-10-26 16:32
Tweets Share Share line Print

Los Angeles - Michael Jackson het altyd gesukkel om sy rekeninge te betaal.

Tog, 16 maande ná sy dood op die ouderdom van 50, is die Koning van Pop boaan die lys van dooie bekendes wat die meeste geld verdien, het die Forbes-besigheidstydskrif gesê.

Sy boedel het van Oktober 2009 tot Oktober 2010 $275 miljoen (ongeveer R1,9 miljard) ingesamel -  meestal uit sy musiekkatalogus, die fliek This is It wat gebaseer is op die verfilming van sy repetisies vir ‘n reeks konserte wat hy nooit kon uitvoer nie en die verkope van sy eie CD’s.

Elvis Presley se boedel is in die tweede plek, met $60 miljoen (ongeveer R414 miljoen) wat uit die toeriste mekka Graceland, ‘n vertoning in Las Vegas en die bemarking van sy musiek verdien is.

JRR Tolkien, die skrywer van Lord of the Rings, is met $50 miljoen (ongeveer R345 miljoen) nie ver agter nie.

Volgende op die lys is Charles Schulz, skepper van die Peanuts-strokiesprente, en die Beatle John Lennon. Hulle word gevolg deur die Sweedse skrywer Stieg Larsson, skrywer van The Girl with the Dragon Tattoo.

Om ‘n plek op dié lys te kry, moet ‘n bekende nadoods minstens $5 miljoen (ongeveer R34 miljoen) verdien in die Oktober-tot-Oktober-tydperk.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- Sapa - AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2004
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2006
R 129,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.