Michael Jackson se ma erken ster se verslawings
2010-11-09 15:49
Los Angeles - Michael Jackson se ma het erken die ster was aan dwelmmiddels verslaaf en sê sy het hom probeer keer om plastiese chirurgie te ondergaan, berig Sky News.
In ‘n onderhoud met Oprah Winfrey, met die popster se kinders aan haar sy, het die 80-jarige Katherine Jackson ook gesê daar is vrae oor die rol wat haar seun se dokter, Conrad Murray, in sy dood gespeel het.
Sy het beskryf hoe sy een maal vir Jackson oor sy misbruik van voorgeskrewe dwelmmiddels gekonfronteer het.
“Ek het die heeltyd vir hom gesê ek wil nie eendag hoor hy het ‘n oordosis ingeneem nie, want dit sou my hart breek.”
Lees meer by Sky News.