Michael Jackson se klere bring miljoene in
2010-12-07 05:04
Los Angeles – ‘n Handskoen en ‘n hoed wat deur Michael Jackson gedra is, is oor die naweek vir meer as $400 000 (R2,8 miljoen) by ‘n veiling verkoop.
Die items, ‘n fedora wat vir $72 000 (byna R497 500) verkoop is en ‘n handskoen wat $330 000 (sowat R2,28 miljoen) ingebring het, was deel van die ster se Bad-toer in die 1980’s en is deur Julien’s Auctions verkoop.
‘n Baadjie wat deur Jackson geteken is, is vir $96 000 (sowat R663 272) verkoop.
Die Michael Jackson versameling het uit meer as 100 items van die ster se lewe en loopbaan bestaan, insluitende ‘n spesiale kostuum vir sy vriend, Bubbles die sjimpansee.
Talle ander bekendes se items is ook op die veiling verkoop.
‘n X-straal van Albert Einstein se brein is vir $38 750 (R267 727) verkoop, terwyl Marilyn Monroe se leë voorgeskrewe medikasie-houertjies vir $18 750 (R613 181) verkoop is.
- BangShowBiz
Volg Nuus24 op Twitter