Michael Jackson se kinders dalk getuies by verhoor
2011-04-11 13:48
Los Angeles – Michael Jackson se kinders en familielede, insluitend sy ma Katherine en suster Janet, gaan moontlike as getuies geroep word tydens dr. Conrad Murray se verhoor.
Murray het onskuldig gepleit op ‘n aanklag van onwillekeurige manslag.
Die verhoor sal na verwagting op 11 Mei begin.
In hofdokumente wat deur die skinderwebwerf TMZ bekom is gaan meer as 100 potensiële getuies geroep word, insluitend Jackson se kinders Prince Michael (14), Paris (13) en Blanket (9).
Ander familielede wat glo die getuiebank sal inneem sluit in Jackson se pa Joe asook sy broers en susters Jackie, Jermaine, La Toya, Marlon, Randy, Rebbie en Tito.
- Vir meer inligting besoek Contact Music.
- Volg Nuus24 op Twitter.