Michael Jackson se kinders ‘baie gelukkig’
2011-08-12 14:09
Los Angeles – Michael Jackson se kinders, Prince (14), Paris (13) en Blanket (9), is steeds gelukkig en pas goed aan sonder hul pa, berig Bang Showbiz.
Jackson se kinders het tuisonderrig ontvang terwyl hy nog gelewe het. Volgens ‘n bron loop Prince en Paris by 'n privaatskool klas terwyl Blanket nog tuisonderrig ontvang omdat hy glo baie skaam is.
Dié drie het Maandag saam met hul ouma, Katherine, en Latoya Jackson ‘n seremonie bygewoon om van Michael se kunswerke vir liefdadigheid te skenk.
Altesaam 13 kunswerke is aan die Los Angeles-kinderhospitaal gegee.
Jackson is op 25 Junie 2009 oorlede.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.