Michael Jackson se gewese bestuurder sterf
2011-08-25 09:20
Los Angeles – Frank Dileo, wat Michael Jackson se bestuurder in die 1980’s was en die sanger ook in sy laaste dae bestuur het, het gesterf.
Volgens Karen Sundell, ‘n woordvoerder, het die 64-jarige Dileo Woensdagoggend gesterf.
Die oorsaak van sy dood was nie onmiddellik bekend nie maar hy het ‘n hartoperasie ondergaan en onlangs komplikasies ondervind.
Dileo was ‘n kleurvolle figuur in die vermaakbedryf en het ook in die film Goodfellas gespeel.
Jackson het in sy boek Moonwalk vir Dileo krediet gegee as een van die mense wat verantwoordelik was om sy droom vir Thriller in ‘n werklikheid te verander.
Dileo word oorleef deur sy vrou, Linda.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP