Michael Jackson se 53ste verjaarsdag gevier
2011-08-30 17:59
Los Angeles – Die ontslape Michael Jackson, Koning van Pop, sou Maandag sy 53ste verjaardag gevier het.
Jackson, wat skielik op 25 Junie 2009 oorlede is, se verjaardag is egter steeds Maandag gevier.
Die grootste feesviering het in sy geboorteplek in Gary, Indiana plaasgevind. Dié stad het ‘n vierdaagse feesviering gehou wat reeds oor die naweek begin het.
Volgens die Chicago Tribune het Jackson se familie Saterdag die feesvieringe bygewoon, wat honderde aanhangers gelok het.
Jackson se kinders Paris (13), Prince (14), Blanket (9) en sy pa, Joe, was ook onder die gaste.
Sy ma, Katherine, is Sondag by die feesvieringe gesien, berig TMZ.
Jackson se verjaardag is ook in San Francisco en New York gevier.
‘n Huldigingskonsert vir Jackson word op 8 Oktober by die Millennium-stadion in Cardiff, Wallis gehou.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters