Michael Jackson in 3D by Grammys
2010-01-20 22:02
New York – Die 52ste jaarlikse Grammy-toekennings gaan 'n ongeëwenaarde huldeblyk ter ere van Michael Jackson uitsaai, insluitend 'n 3D video-greep van die sogenaamde Koning van pop.
Die Grammy-uitsending op 31 Januarie sal 'n 3D-video wys wat Jackson vir sy treffer "Earth Song" gemaak het, en sal uitvoerings van Carrie Underwood, Celine Dion, Usher, Jennifer Hudson en Smokey Robinson insluit.
Die video was veronderstel om later vanjaar in Jackson se toervertonings in Londen gebruik te word.
Nuus24 het voorheen berig dat Jackson ook by dié geleentheid 'n postume Grammy sal ontvang vir sy lewenslange bydrae tot die musiekbedryf.
–Sapa-AP