Michael Jackson - Immortal-toer kom
2010-11-04 13:50
New York - Die koning van pop se dood staan nie in die pad van wat as die Michael Jackson – Immortal-wêreldtoer bekend sal staan nie.
Cirque Du Soleil, ‘n Kanadese vermaakmaatskappy, en die Jackson-boedel het Woensdag dié toer aangekondig. Dit word beskryf as ‘n kombinasie van sy musiek, aangrypende choreografie en visuele effekte.
Die toer sal in Oktober 2011 in Montreal afskop en deur stede soos New York, Miami, Philadelphia, Los Angeles en Las Vegas gaan.
‘n Beperkte hoeveelheid kaartjies sal van Woensdag af aan lede van Michael Jackson- en Cirque Du Soleil-aanhangersklubs verkoop word. Die res sal van Saterdag af beskikbaar wees.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP