Michael Douglas se seun vas
2009-08-08 20:34
New York- Die Oscar-bekroonde akteur, Michael Douglas, se seun staar moontlik lewenslange tronkstraf in die gesig.
Dit kom nadat die 30-jarige, Cameron Douglas, daarvan verdink word dat hy oor ‘n tydperk van drie jaar groot hoeveelhede methamphetamine verkoop het.
Cameron is verlede maand in hegtenis geneem. Hy het bekendheid verwerf toe hy saam met sy pa en oupa, Kirk Douglas, in die film ‘It Runs in the Family’ gespeel het.
- Reuters