Michael Douglas perdfris by die Globe-toekennings
2011-01-17 23:00
Los Angeles – Michael Douglas het 'n entoesiastiese verwelkoming van die gehoor gekry by Sondagaand se Golden Globes-toekennings.
Die ster van Wall Street: Money Never Sleeps was verheug om vir die eerste keer sedert hy met kanker gediagnoseer is, in die publiek te verskyn.
Sedertdien het die dokters hom die goeie nuus meegedeel dat die kankerbehandeling wat hy vir ‘n gewas op sy tong ontvang het, suksesvol was.
“Ek is so bly ek is vanaand hier, dis goed om terug te wees.
“Dis die eerste keer wat ek uitkom die jaar,” het hy gesê net voor The Social Netwerk as wenner van die kategorie vir beste film aangekondig het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- BangShowBiz