Michael Buble steeds tops
2009-10-22 12:55
Los Angeles – Michael Buble het vir die tweede agtereenvolgende week die nommer-een plek in Amerika met sy popalbum gehaal.
Buble staan steeds sy man teen die klankbaan van Twilight se nuwe fliek Saga: New Moon, wat tans die tweede plek beklee.
Volgens Nielsen SoundScan-bemarking het Buble se treffer, Crazy Love ongeveer 203 000 kopieë teen 18 Oktober verkoop, en is dit die tweede beste verkope van sy loopbaan. Sy hoogste verkope was vir Call me Irresponsible in 2007 wat altesaam 213 000 kopieë verkoop het.
Die musiek van die rolprent New Moon se verkope op hede is 115 000 kopieë.
Daar word egter bespiegel dat New Moon volgende week die nommer-een plek kan haal, indien dit die koning van countrymusiek, Tim McGraw, wie se album Southern Voice Dinsdag vrygestel word, kan klop.
Die tweede grootste debuut van die week was Flaming Lips se Embryonic wat die agtste plek behaal het, en net onder 32 000 kopieë verkoop het. Flaming Lips se laaste album At War With the Mystics het in 2006 die elfde plek behaal, en het 48 000 kopieë in hul eerste week verkoop.
- Reuters