Mel se eks kry nie 'n sent
2010-07-13 13:45
Los Angeles - Die akteur Mel Gibson se eksmeisie het 'n ooreenkoms onderteken wat haar verhoed om 'n sent van sy geld te kry.
Oksana Grigorieva het 'n regskontrak onderteken vir paartjies wat nie getroud is nie, maar saam woon toe sy verlede jaar swanger was met die Lethal Weapon-ster se kind, berig RadarOnline.com.
Die Russiese sangeres het ook 'n kontrak onderteken wat sê Gibson is verantwoordelik vir die welsyn van hul dogter, Lucia.
"Hy betaal my nie 'n sent nie. Ek moet op kredietkaarde en geleende geld lewe...dit is nie 'n goeie situasie nie."
Die paartjie, wat ontmoet het toe Gibson en sy vrou, Robyn, van 28 jaar nog getroud was, het in April uitgemaak en sedertdien het uittreksels van bandopnames onthul dat Gibson gewelddadig teenoor Grigorieva was.
Lees meer by Tonight
Volg Nuus24 op Twitter