Mel Gibson dalk skotvry
2010-07-21 16:10
Kalifornië - Die bandopnames wat onthul hoe gewelddadig Mel Gibson teenoor Oksana Grigorieva optree, kan dalk nie in die hof toegelaat word nie.
Volgens die wet in Kalifornië kan 'n persoon nie sonder sy/haar wete oor die telefoon opgeneem word nie, tensy Grigorieva gedink het die gesprek hou verband met 'n geweldsmisdaad.
Die probleem is dat Gibson talle SMS-boodskappe van Grigorieva ontvang het waar sy sê sy het die bandopnames gemaak omdat Gibson haar nie onderhou het nie, en nie omdat sy wou bewys dat hy haar mishandel nie.
Dít beteken die regter weet daar was 'n motief agter die gesprekke, en Gibson kan skotvry daarvan afkom.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter